Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

'N VADER SE LIEFDE
Het jy al ooit in verwondering gestaan oor hoe gou jy jou kind liefgekry het na sy geboorte? 'n Ouer se liefde word as die reinste en onselfsugtigste menseliefde beskryf. 'n Ouer weet dat goeie dissipline 'n weerspieëling van hierdie liefde is, al is dit ook hoe moeilik. Ons deel die nodige straf aan ons kinders uit, al word hulle kwaad vir ons, want ons weet dat korttermyn vrede nie so belangrik is soos langtermyn volwassenheid nie.
Die groot liefde wat ons vir ons kinders het, is maar net 'n geringe weerspieëling van God se liefde vir ons. Ouers het 'n unieke waardering vir God se vaderlike karaktereienskappe. Ons kan beter verstaan hoe diep sy liefde vir ons is en hoekom Hy ons dissiplineer.
Ouerskap bied 'n unieke insig in God se groot liefde.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com