Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

SOOS 'N KIND, MAAR NIE KINDERAGTIG NIE
Dalk gee God vir ons kinders sodat ons Hom duideliker kan sien. Die manier waarop ons kinders met ons oor die weg kom, gee ons insig in ons verhouding met die hemelse Vader. Wanneer ons kinders vir ons 'n getekende prent gee, hoe eenvoudig dit ook al mag wees, plak ons dit op die yskas of teen ons kantoor se muur. Ons waardeer die gesindheid en nie soseer die perfeksie nie. As ons kinders se geskenke vir ons so baie vreugde verskaf, dink net hoe God voel as ons iets vir Hom uit liefde gee.
Wanneer ons kinders selfsugtig, weerstandig of ongehoorsaam is, gee dit ons 'n blik op die teenoorgestelde kant van ons verhouding met ons hemelse Vader. Die pyn wat ons ervaar as ons kinders rebelleer, kan nie vergelyk word met die pyn van ons hemelse Vader nie, want die risiko is baie hoër vir Hom.
Ons kan baie te wete kom oor ons verhouding met God uit die verhouding wat ons met ons kinders het. Ons behoort hulle beste karaktertrekke na te boots in ons verhouding met ons hemelse Vader. 'n Liefdevolle kind toon nederigheid, geloof, afhanklikheid en 'n ingesteldheid van verwondering, wat die lewe opwindend maak. 'n Weerbarstige kind is selfsugtig, kleinlik en ongehoorsaam. Jesus wil hê dat ons kinderlik moet wees, maar nie kinderagtig nie.
Die liefdevolle kind is 'n model vir ons verhouding met God.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com