Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

ANTWOORD OP GEBED
Ouers beproef vandag se Skrifgedeelte soos min ander ervarings. Ons dink ons weet wat die beste vir ons kinders is, omdat ons hulle liefhet. Ons bid en vra dat God ons planne sal eer en is dan geskok as God ons op 'n moeiliker pad lei, wat toetsing en pyn insluit.
My keerpunt het gekom toe ek besef dat ek God soos 'n kosmiese muntoutomaat gebruik. Toe ek gebid het, het ek gevoel dat Hy verplig was om aan my versoek gehoor te gee, volgens my voorwaardes. 'n Vriend het toe vir my 'n eenvoudige riglyn gegee wat my perspektief omtrent gebed verander het. Hy het gesê: "Gebed is wanneer jy God vra om jou in lyn te bring met sy wil, in plaas daarvan om Hom te vra om in lyn met joune te kom."
God weet wat jy en jou kinders regtig nodig het. God is aan die werk wanneer ons bid, maar op 'n manier wat Hom en sy werk pas. Geloof vertrou die wysheid van sy antwoord, selfs wanneer sy antwoord anders is as wat ons verwag.
As ons vertrou dat God se wil die beste vir ons gesin is, sal ons kan bid dat sy wil geskied.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com