Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

DANKBAARHEID VIR SEËNINGE
Wanneer ons die storie van die "ondankbare nege" lees, is ons geneig om hulle te oordeel. Hoe dikwels aanvaar ons egter ons seëninge as vanselfsprekend en vergeet ons om vir die Here dankie te sê? "Hulle moet vir die Here dankie sê omdat Hy doen wat Hy belowe het, omdat Hy wonderwerke doen vir mense" (Psalm 107:15 ABA). Dikwels geniet ons die geskenke, maar vergeet om vir die Gewer dankie te sê. Ons bid gou as ons in die nood is, maar sê nie genoeg dankie as dit goed gaan nie.
Jy moet God bly aanbid en prys, of dit nou goed of sleg gaan. Wys vir jou kinders hoe lyk 'n dankbare hart en iemand wat weet wie die bron van alle goeie dinge is (Jakobus 1:17).

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com