Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

DEUR GELOOF VERGEWE
Die apostels se reaksie op hierdie lering is baie interessant. Ek glo nie hulle het 'n probleem gehad om iemand tereg te wys nie; die meeste mense kan dit goed doen. Vergifnis is egter 'n ander saak — dit kan baie moeilik wees vir ons om die persone te vergewe wat pyn in ons lewe veroorsaak het, veral as dit iemand is vir wie ons liefhet en vertrou. Ons verhouding met ons kinders maak ons veral kwesbaar.
Let daarop dat die apostels meer geloof gevra het, in plaas van liefde, om hulle te help om te kan vergewe. Alhoewel liefde noodsaaklik is, verg ware vergifnis geloof. Dit kom nie van nature nie. Dit verg aktiewe geloof om aan Christus gehoorsaam te wees en ander te vergewe. As ons gehoorsaam is en vergewe, vertrou ons dat God die gevolge en misverstande sal hanteer en alles tot sy verheerliking sal laat uitwerk (Romeine 8:28).
Liefde moedig ons aan om te vergewe, maar geloof aktiveer vergifnis, sodat God dit kan gebruik om sy mense te seën.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com