Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

DISSIPLINEER MET EMPATIE
Sommige mense vind dit moeiliker as ander mense om empatie te betoon. Ons moet probeer terugdink oor hoe ons gevoel het toe ons ons kinders se ouderdomme was. Dit sal ons help om hulle met meer empatie te behandel. As jy in hulle skoene staan sal jy beter verstaan hoekom hulle doen wat hulle doen. Soms vergeet ons dat ons ook eens op 'n tyd kinders was.
Dit wat vir ons moeilik was op daardie ouderdom kan dan vir ons as ouers baie angstig maak. Dit kan ons frustreer as dieselfde kwessies in ons kinders se lewens opduik. Hierdie herinnering kan twee uitkomste hê — ons kan oorhaastig die probleem probeer oplos, maar dit kan veroorsaak dat ons oorreageer en net die situasie vererger. Of ons kan ons eie ondervindings in herinnering roep en dit gebruik om met ons kinders te identifiseer. God kan jou kind se stryd gebruik om julle altwee te heilig.
As jy baie angstig optree as jou kind met iets sukkel, wees gewaarsku — God wil julle altwee dalk iets leer.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com