Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 278 VAN 280

EERS GELOOF, DAN GEDRAG

Vandag se teksvers is ingewikkeld, maar dit spreek boekdele oor die belangrikheid van 'n hartsverandering in teenstelling met gedragsverandering. Johannes sê hier dat geloof nodig is voordat iemand se gedrag kan verander. Wanneer ons glo en wedergebore word, kom woon die Heilige Gees in ons en help ons om 'n lewe te lei sonder om moedswillig te sondig. Ons is nie gevrywaar van sonde nie, maar ons sal nie 'n gewoonte van sonde maak nie.

Dit het ook betrekking op ons verhouding met ons kinders. Ons moet hulle help om hulle gesindheid te verander, eerder as om hulle optrede te wil verander. Wanneer jou kinders vra hoekom daar sekere reëls in jou gesin is wat nie in ander gesinne is nie, moet jy aan hulle kan verduidelik dat jou verhouding met God jou gedrag help bepaal. Dis maklik om te sê: "Omdat ek so sê!" maar dit sal nie jou kind se gesindheid beïnvloed nie; dit dwing hom net om op 'n sekere manier op te tree.

As jou gesindheid verander, sal jou gedrag ook verander.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com