Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 273 VAN 280

LESSE VAN PERSONE IN GESAGSPOSISIES

Soos wat jou kinders groter word, sal hulle konflik ervaar met verskeie persone in hulle lewe wat in gesagsposisies is. Dis dalk 'n onderwyser wat hulle onregverdig behandel. Miskien is dit 'n afrigter wat witbroodjies het. Hulle het moontlik 'n baas wat baie krities en veeleisend is.

Hoe kan ons ons kinders help om te midde van hierdie ondervindinge tot volwassenheid te groei? Ons eerste reaksie is dikwels om die probleem te wil oplos. Soms moet ons intree, maar dit help nie ons kinders om konflik op eie stoom te hanteer nie.

Luister eerder na wat jou kind te sê het oor die situasie en moenie eers wil kritiseer of raad gee nie. Laat hulle weet dat jy hulle gehoor het deur hulle gedagtes en gevoelens te verwoord. Moedig hulle dan aan om die probleem op te los deur te vra: "Wat dink jy moet jy doen?" Bid dan saam en vertrou op God om jou kind te help om die situasie op te los.

God gebruik die persone in gesagsposisies in jou kind se lewe om vir hulle waardevolle lewenslesse te leer.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com