Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 274 VAN 280

TOETSING VAN DIE GRENSE

Baie ouers dink dat hulle swak ouers is as hulle kinders die grense toets. As jy dit só sien, sal elke uitdaging van gesag jou vrees van "Ek is nie 'n goeie ouer nie!" beklemtoon.

Dit is egter deel van 'n kind se ontwikkelingsproses om die grense te toets. Ons almal is al daardeur. Hou in gedagte dat ons kinders, net soos ons, moet leer om vir hulleself te dink, sodat hulle later in hulle lewe sonder ons hulp en leiding oor die weg kan kom. Dit neem tyd om hierdie vaardigheid aan te leer en tydens die proses sal hulle foute maak. Moenie paniekerig raak as hulle die grense toets nie! Gebruik eerder hierdie geleenthede om jou waardestelsel aan hulle oor te dra. Bly kalm sonder om hulle gedrag ongestraf te laat gaan. Dit sal vir hulle 'n gevoel van sekuriteit gee.

As jy daarop voorbereid is dat jou kinders die grense gaan toets, sal jy in staat wees om in liefde, in plaas van woede, te reageer.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com