Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 276 VAN 280

LAAT DINGE VAAR

Ek hou nie juis van baarde nie. Toe my seun 'n baard begin kweek, het ek aanhoudend voorgestel dat hy dit afskeer of sny. Dink net hoe opgewonde hy was toe hy 'n baardknipper vir Kersfees gekry het! Ek het toe besef dat my op- en aanmerkings ons verhouding beïnvloed.

As ons daarop aandring dat ons kinders gewig moet verloor, aantrek volgens ons voorkeure of hulle hare moet sny, is dít die woorde wat hulle eintlik hoor: "Jy sal meer aanvaarbaar wees as jy só of só lyk." Ons dink ons voorstelle sal keer dat hulle verwerping ervaar of deur ander seergemaak word. Ironies genoeg is dit juis óns woorde wat hulle seermaak en verwerp laat voel.

Waaroor moet jy vandag ophou kerm om jou kind in al sy fasette te aanvaar? Dis dalk gewig, haarstyl of kleredrag. Dink ernstig na oor hoekom hierdie dinge so belangrik is vir jou. Ly jou verhouding met jou kinders skade in die proses om hulle 'n tweede jy te maak?

Vra vir wysheid en krag om jou kinders lief te hê net soos hulle is.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com