Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

VERLORE EN GEVIND
In die gelykenis van die verlore seun het die pa die rebelse jonger broer tot sy vorige posisie herstel, maar teen 'n groot prys vir die ouer broer. Hoekom? Die pa het sy eiendom tussen die twee broers verdeel voordat die jonger broer weg is. Die jonger broer het sy deel uitgemors en die ouer broer het nou alles besit. Om die jonger broer tot sy vorige posisie te herstel, moes die pa iets van die ouer broer wegvat en dit het hom woedend gemaak. Sy gesindheid wys dat hy sy pa nie uit liefde gedien het nie, maar net om 'n beloning te kry.
Ons as ouers het dikwels dieselfde gesindheid teenoor ons hemelse Vader. Ons is mismoedig as ons met ons kinders sukkel en dit lyk of nie-gelowiges nie probleme het nie. Ons voel ons is geregtig op groter seëninge en ons herinner God daaraan dat ons getrou kerk toe gaan, bid en ons Bybel lees. Dis ironies dat gehoorsaamheid die grootste struikelblok is om genade ten volle te ervaar, want ons voel dat ons dit verdien.
Daar is egter 'n ware ouer broer. In teenstelling met die ouer broer in die gelykenis, soek Hy na ons en begeer om 'n verhouding met ons te hê. Hy het uit die hemel gekom en was gewillig om die prys te betaal om ons huis toe te bring. Dit maak 'n groot verskil as ons erken wat Jesus gewillig was om als te doen om ons te "vind".
Gehoorsaam God in reaksie op sy seëninge, nie om dit te verdien nie.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com