Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 271 VAN 280

GENADE VERANDER ALLES (DEEL 1)

Is dit vir jou moeilik om hulp te aanvaar van ander mense? Laat dit jou swak, onbekwaam en kwesbaar voel? Om hulp te aanvaar beteken dat jy vir 'n kort rukkie van jou selfstandigheid moet afstand doen. Baie van ons kies eerder om agter 'n masker van selfvertroue weg te kruip as om kwesbaar te voel.

Dit benadeel egter ons verhouding met ons kinders. Soms lyk dit of ons so goed in beheer is, dat ons kinders glo ons het nie 'n Redder nodig nie. Ons dink dalk ons is sterk, maar as ons nie erken dat ons behoeftes en moeilikhede het nie, is ons kinders ook onwillig om hulle moeilikhede en behoeftes met ons te deel. Hulle voel dan ontoereikend in vergelyking met ons en kruip agter hulle eie maskers weg.

Vra vir God om jou te wys waar jy op jou eie vermoëns staat gemaak het in plaas daarvan om op Hom te vertrou en onthou dat Hy dikwels ander mense gebruik om ons te help.

Laat vandag iemand toe om jou te help — dalk een van jou kinders!

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com