Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 270 VAN 280

OM MENSE TEVREDE TE STEL

Te midde van baie druk het Aäron ingestem tot die eise van die mense.

Ek is seker dat jy as ouer bekend is met druk. Ons kinders vra ons dikwels om dinge te doen wat nie met ons waardestelsel ooreenstem nie. Dit sluit die flieks in wat hulle wil gaan kyk, die vriende saam met wie hulle wil kuier en die persone met wie hulle 'n verhouding wil aanknoop. Hulle kan net so veeleisend en intimiderend wees soos die woedende skare waarvoor Aäron te staan gekom het!

Wanneer dit gebeur, dink aan Aäron se mislukking, en moenie ingee nie. Bly getrou aan jou begeerte om God te gehoorsaam en verduidelik op 'n liefdevolle manier aan jou kinders hoekom jy nie bereid is om toegewings te maak as dit by jou geloofsoortuigings kom nie.

Stel God eerder as mense tevrede.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com