Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 269 VAN 280

LEIER OF ONDERSTEUNER?

Dit verg 'n spesiale soort leier om die regte ding te doen ten spyte van openbare druk. Aäron was 'n goeie openbare spreker, maar sonder Moses se leiding het hy geswig onder die Israeliete se aandrang om 'n goue beeld te maak om te aanbid.

Ons wil so graag hê dat ons kinders die erkenning moet kry wat saam met 'n leiersposisie kom. Voordat jy jou kinders in so 'n posisie druk, moet jy in gedagte hou dat effektiewe leiers die waarheid moet kan praat, selfs al is dit nie gewild nie. Dit verg 'n besonderse gawe wat nie aan elke persoon gegee word nie (1 Korintiërs 12:7-26).

Goeie leiers is belangrik, maar net so is goeie, nederige ondersteuners. Toe Aäron sy gawe gebruik het was hy onmisbaar vir Moses en God, maar toe hy buite sy gesagsgebied opgetree het, het hy en die mense erg daaronder gely.

Moedig jou kinders aan om die gawes wat God aan hulle gegee het te ontdek en te gebruik, wat dit ook al mag wees.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com