Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

DAPPER GELOOF
Abram was middeljarig, voorspoedig en gevestig. Verbeel jou net watter geloof nodig was om sy huis, sy familie en sy gemaklike lewe te verlaat en na 'n onbekende plek te reis! In Abram se dae was dit ongehoord. Net vlugtelinge, armes en uitgeworpenes het hulle erfgrond verlaat.
Dalk hoef ons nie so 'n dramatiese stap te neem nie, maar God vra ons soms om 'n Goddelike perspektief in plaas van 'n wêreldse perspektief te hê in die grootmaak van ons kinders. Ons waardes en doelwitte mag dan hemelsbreed verskil van ons familie en vriende s'n. Ons gehoorsaamheid aan God mag veroorsaak dat ons, selfs in Christenkringe, verstoot word.
Waarvoor moet jy God vertrou en watter wêreldse praktyke moet jy in jou reis as ouer laat vaar? Het jy sekere gesindhede oor sport, akademie of prestasies wat jy moet aflê, sodat jy 'n pad kan volg wat God verheerlik?
Vra vir God waar jy as ouer dapper moet wees.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com