Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

WEES GOED EN GAAF
Wanneer dit vir jou moeilik is om jou kinders met vriendelikheid groot te maak, kan dit help om te besin oor jou begeertes vir jou kinders. Vleeslike begeertes kom te voorskyn as ons glo dat 'n mens se waarde afhang van wat hy doen, wat hy besit en wat ander van hom dink. Dit word dikwels weerspieël in die doelwitte en verwagtinge wat ons vir ons kinders koester. As ons kinders nie presteer volgens wêreldse standaard nie, of versuim om te presteer, raak ons angstig, kwaad en teleurgesteld.
Ons kan net goed en gaaf wees as ons weet wie ons in Christus is. Hy het ons onvoorwaardelik lief en aanvaar ons met al ons foute. As ons dit verstaan kan ons tevrede wees, want nie ons of ons kinders hoef iets te bewys nie. Ons kan ons kinders aanvaar vir wie hulle is en nie toelaat dat hulle voel hulle moet altyd presteer om hulle waarde te bewys nie.
Ons is meer geneig om goed te wees vir ons kinders as ons aanvaar dat ons ware identiteit in Christus te vinde is.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com