Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

GOD SE GIMNASIUM
Hoeveel van ons bring nie baie tyd in die gimnasium deur om fiks te word nie? Waarvoor? Ons kan so getrou oefen en reg eet dat ander ons beny. Hierdie soort oefening het waarde, maar is kortstondig. Hou vir 'n maand lank op en kyk wat gebeur!
Wat sal gebeur as ons net so gedissiplineerd is in die tyd wat ons elke dag met God deurbring? Baie mense bring elke dag 'n uur of twee deur om te oefen, maar het skaars 15 minute tyd vir God. Wat sal gebeur as ons meer tyd in God se gimnasium deurbring? Paulus gee vir ons die antwoord — "Om jou liggaam te oefen, het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en die toekoms" (1 Timoteus 4:8). Dit is die soort oefening wat 'n gesin saam kan geniet en wat vir ewig sal hou.
Kry jou gesin in God se gimnasium en oefen vir die ewigheid.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com