Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 263 VAN 280

IDENTITEITSDIEFSTAL

As jy Christus as jou verlosser aangeneem het, het jy 'n nuwe identiteit. Jy is soos 'n aangenome kind. Jy het 'n nuwe naam, 'n nuwe gesin en nuwe tradisies. Jou ou gewoontes is deur nuwes vervang, wat jou dus anders maak as ander gesinne. Paulus beskryf dit só: "julle behoort aan Hom".

Die Satan sal graag jou identiteit wil steel. Hy probeer om jou met sy gesin se gewoontes en tradisies terug te lok na jou ou identiteit — woede, haat, nyd en gevloek (Kolossense 3:8). Jy kan dit egter teenstaan deur die gewoontes van jou nuwe gesin te beoefen — deernis, goedgesindheid, nederigheid, sagmoedigheid en verdraagsaamheid (Kolossense 3:12).

Jou kinders is in jou nuwe gesin se tradisies gebore en hulle moet so groot gemaak word. As jy die nuwe gewoontes beoefen, sal jy nie meer die oues wil doen nie. Jou nuwe identiteit wat jy gekry het toe jy in God se gesin aangeneem is, is 'n kragtige aansporing vir jou kinders om ook in God se gesin aangeneem te wil word.

Beskerm jouself en jou kinders teen identiteitsdiefstal.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com