Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 262 VAN 280

VURIGE GEBED

Terwyl ons die lewe aanpak mag ons dalk net die belangrikste ding nalaat: om vir ons kinders te bid. Is jy te moeg om te bid of word jou aandag afgelei? Dalk het jou gebedstyd net roetine geword. Paulus gee vir ons 'n voorbeeld van 'n groot gebedskryger, Epafras. Wat beteken dit om "vurig/ernstig/ywerig" te bid? Die Griekse woord wat hier gebruik word is "agoonizomenos" (Engels — "agonize") en beskryf die stryd van 'n atleet as hy aan 'n kompetisie deelneem. Dit dring ons om gedurig, gedissiplineerd en met ywer te bid.

Wat sal gebeur as ons net so baie tyd in gebed vir ons kinders deurbring as wat ons langs die sportveld staan, sportklere en toerusting koop, hulle oefeninge bywoon of hulle aanmoedig tydens wedstryde!

Volg Epafras se voorbeeld en bid ernstig vir jou kinders.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com