Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 260 VAN 280

ONSEKERHEID

Kan jy nog steeds funksioneer te midde van onsekerheid? Baie ouers is bang om besluite te neem, want hulle wil nie 'n fout begaan nie. God belowe egter nie om vir ons absolute sekerheid te gee nie. Hy nooi ons uit om Hom te vertrou al is ons onseker oor iets. Dit is waaroor geloof gaan!

As jy gedurig bekommerd is oor jou kinders, moet jy jou vrese aan God oorgee. Fokus op wie Hy is in plaas daarvan om te probeer verstaan wat Hy wil hê jy moet doen. Ons as mense, met beperkte denke, verstaan nie altyd die ewige doel van gebeure nie. Geloof verwag dat ons vertrou dat ons verhaal perfek in sy verhaal sal inpas.

Vertrou op God se karakter te midde van onsekerheid en berus op God se wysheid en goedheid.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com