Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

BESKAAM DIE GELEERDES?
In vandag se samelewing is hierdie woorde 'n moeilike lering vir ouers! Ons wil graag hê ons kinders moet slim wees volgens die standaarde van die samelewing. Let maar op hoeveel waarde ons aan toetspunte en universiteitsvrystelling heg. Dit is vir ons 'n maatstok van sukses. Ons verlustig ons in die suksesse wat ons kinders in invloedryke posisies plaas, soos leerderraad, klaskaptein of kaptein van 'n sportspan. Ons is afgunstig op die geleenthede wat ander kinders kry omdat hulle ouers ryk is of sosiale status in die gemeenskap geniet.
God vra dat ons ons verstand moet gebruik om slim keuses te maak, maar geen mensekennis kan Christus se werk aan die kruis vervang nie. Ironies genoeg vind 'n mens ware sterkte en wysheid as jy jou trots laat staan en in nederigheid en swakheid na God toe gaan.
Leer jou kinders dat ware sterkte net te vind is wanneer jy jouself aan God onderwerp en nederig teenoor ander is.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com