Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 252 VAN 280

BEDRYWIGHEDE

Alhoewel die apostels besig was om koninkrykwerk te doen, het Jesus gesien dat hulle rus nodig gehad het. Hy het gesorg dat hulle alleentyd kon kry om hulle liggame en siele te herlaai. Wat 'n wonderlike les is dit nie vir ons nie! Wanneer ons dae so vol bedrywighede is, maak ons nie voorsiening vir foute nie en is enige onverwagse gebeure 'n krisis. Dit veroorsaak onnodige stres en laat ons geïrriteerd en uitgeput voel. In 'n samelewing van baie aktiwiteite, prestasies en bedrywighede, is dit moeilik om ons en ons kinders se pas te verminder. Dit verg wysheid om ons take te prioritiseer. Ons wil nie voel dat ons iets misloop nie. Is daar areas in jou of jou kinders se lewens wat net té vol bedrywighede is?

Maak dit 'n prioriteit in jou gesin om vir almal tyd in te ruim vir rus en ontspanning!

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com