Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

ENGELE
In 'n wêreld wat waarde heg aan dit wat gesien kan word, is dit maklik om te vergeet dat dit 'n feit is dat God engele beskikbaar stel vir ons beskerming. Hulle is daar, al sien ons hulle nie. Daar is baie voorbeelde in die Bybel van engele wat aan mense verskyn het: Daniël in die leeukuil (Daniël 6:22), Jesus in die woestyn (Markus 1:12-13), Jesus in die tuin van Getsemane (Lukas 22:43) en Paulus aan boord van 'n skip in 'n storm (Handeling 27:23).
Die Bybel sê dat die engele in die hemel juig as 'n sondaar tot bekering kom (Lukas 15:7 en 10). Daar word selfs gesê dat kinders engele in die hemel het wat gedurig by die Vader is (Matteus 18:10). Wat 'n bemoediging is dit nie vir ouers nie!
Eendag in die hemel sal ons te wete kom wat die engele alles vir ons gesinne gedoen het, maar tot dan moet ons net vertrou dat hulle namens ons voorbidding doen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com