Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 254 VAN 280

RAAK STIL

Ons samelewing glo groter en harder is beter, as dit by kommunikasie kom. Dink maar aan vol sportstadions, harde musiek, vuurwerke en yslike monitors wat flitsende video's vertoon. Het ons vergeet hoe om "stil" te wees en die sagte stem van God te hoor te midde van al die "geraas"?

Al is die heelal tot sy beskikking, praat Hy gewoonlik liefdevol en sagkens met mense wat bereid is om te hoor. Hy het die nasie Israel met 'n babatjie (Isak) begin en Hy het hulle uit slawerny geneem ook deur middel van 'n babatjie (Moses). Hy het 'n tienerseun (Dawid) met 'n slingervel en 'n paar klippies gebruik om 'n reus dood te maak en Hy het sy eie Seun, Jesus, as 'n babatjie gestuur om ons te kom red.

Gebruik 'n stukkie van jou dag om "stil te word" en na God se sagte stem te luister.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com