Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

GELUKKIG TE MIDDE VAN DROEFHEID?
Paulus sê, as droefheid tot bekering lei is dit rede om te juig. Dink daaroor na. Ons kan bly wees te midde van droefheid, want ons weet dit is deel van God se plan vir ons kinders se redding en heiligmaking. God is besig om in hul lewens te werk.
Soms kom ek egter in versoeking om bly te wees omdat ek "reg" was as my kinders my raad in die wind slaan en die gevolge moet dra van hul verkeerde keuses. Ek wil dan sê: "Ek het jou mos gesê." My motivering is dan selfsugtig. Ek wil hê hulle moet weet ek is die slim een.
My trots meng dan in en word 'n bron van frustrasie en woede vir my kinders. Ek moet eerder die werk aan God oorlaat. Dit kos selfbeheersing om nie met God se werk in te meng nie.
Vertrou God. Laat toe dat sy gevolge jou kinders tot bekering lei, in plaas daarvan om ou koeie uit die sloot te haal en hulle te herinner aan hoe slim jy is.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com