Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

VERTROU GOD EERDER AS DIE WÊRELD
Agas was bang dat Sirië en Israel Juda sou verslaan. In plaas daarvan om op God staat te maak het hy 'n vennootskap met Assirië aangegaan vir beskerming. Hierdie militêre afhanklikheid het gemaak dat Agas daarop gefokus het om eerder die Assiriese koning tevrede te stel in plaas van God. Hy het selfs Assirië toe gegaan om sy respek te betoon en toe hy terugkom moes vakmanne een van die Assiriese altare namaak en in Jerusalem plaas.
Soms soek ons gerusstelling en hulp by die verkeerde mense. Wat hulle aanbied lyk dalk mooi en nuttig, selfs vir Christelike doeleindes, en ons regverdig die gebruik daarvan vir onsself. Voor jy jou oë uitvee lyk jy net soos die wêreld. Wanneer ons op ander mense of dinge vertrou om dit vir ons te gee wat net God kan gee, laat ons toe dat dit ons beheer.
Is daar terreine in jou ouerskap waar jy jou Christenwaardes vir aardse waardes verruil het?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com