Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

OORWINNAARS
Dit is 'n aanhoudende geveg om ons te vereenselwig met die waarheid van hierdie woorde terwyl ons kinders grootmaak. Te midde van ons vrese en bekommernisse wonder ons hoe hierdie beloftes in ons alledaagse lewe kan waar word. Kan God se liefde oorwin as ons kinders hulleself regte toeëien, teleurgesteld is of gebrokenheid ervaar? Hoe kan ons meer as oorwinnaars wees as ons sien hoe ons kinders sukkel met groepsdruk, dwelmmisbruik of seksuele wangedrag?
Die antwoord is natuurlik om op God te vertrou! Ons kan die moeilikste situasies oorkom as ons en ons kinders kies om in God se wysheid en beloftes te glo. Dit is beide moeilik én eenvoudig om hierdie vrede te ontvang. Dit vereis dat ons dit waag om ons geloof in Hom te stel.
Wanneer jy vrees en onsekerheid ervaar, moet jy 'n doelbewuste besluit maak om in God se beloftes te bly glo.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com