Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 248 VAN 280

ONDERWERP JOU WIL AAN GOD

Hierdie woorde van Jesus is nie net 'n leë belofte nie, maar dis 'n uitnodiging om vir ons kinders te bid. Ons dink dalk dat ons bekommernisse onbenullig of dom is, maar Hy wil hê dat ons ons spesifieke behoeftes en begeertes in alle eerlikheid aan Hom moet bekend maak. Nederigheid is die sleutel tot gebed. Wanneer ons 'n versoek in die Naam van Jesus rig, sê ons eintlik dat ons sy wysheid hoër ag as ons selfsugtige motiewe. Ons erken dat ons God nodig het en kies om ons wil aan Hom te onderwerp.

Dit is moeilik om onderdanig te wees aan 'n vreemdeling of om hom te vertrou! Die beste manier om die karakter van God te leer ken is om sy Woord te bestudeer en tot Jesus te bid. Wanneer ons sy grootheid erken, word ons arrogansie en onafhanklikheid afgebreek. Ons vrees word vervang met vertroue in sy doel vir ons en ons kinders se lewens.

Leer ken en vertrou die Een wat enigiets sal doen wat jy in sy Naam vra.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com