Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 247 VAN 280

VEILIGE PLEK

Onthou jy toe jy as kind wegkruipertjie gespeel het en so vinnig as moontlik gehardloop het om jouself te "blok"? Soos wat adrenalien jou aangevuur het, het jy op die eindbestemming bly fokus. As jy jouself eers geblok het, kon jy 'n sug van verligting slaak. Vandag se Bybelvers verwys na die Here as so 'n plek van veiligheid en beskerming: "Die Naam van die Here is 'n sterk vesting."

Gaan jy na God toe as die uitdagings van ouerskap jou oorweldig? Dikwels stuur ons net skietgebede op as ons probeer om probleme self op te los. Ons vertrou dan in der waarheid meer op onsself as op God. God gee wysheid en vermoë, maar ons moet bereid wees om ons wysheid aan sy wysheid te onderwerp.

Wees eerlik met God omtrent jou twyfel en vrese in plaas daarvan om agter 'n masker van selfversorgendheid te skuil. Hy weet alreeds van al jou twyfel en vrese! Ons eie pogings kan nie vir ons vrede bring nie. Dit kom net as ons op dié Een vertrou wat ons werklik kan beskerm.

Wanneer jy ontsteld is, gaan na jou hemelse veilige plek en ontspan.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com