Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 246 VAN 280

BID VIR BESKERMING

Voor sy kruisiging het Jesus vir sy dissipels gebid, want Hy het geweet Hy sou hulle binnekort moes verlaat. Watter mooi voorbeeld van 'n gebed vir ons kinders is dit nie! Ons lewe in 'n vyandige wêreld wat deur die Satan beïnvloed word. Ons is geneig om ons kinders te erg vas te hou. Ons vrese maak dat ons besluite namens hulle neem en hulle só afhanklik maak van ons. Ons moet hulle eerder help om onafhanklik te word en op God staat te maak.

Jesus was deeglik bewus van geestelike oorlogvoering. Sy gebed het gewys dat Hy vertroue in die karakter en krag van God gehad het om sy dissipels te beskerm. Ons kan dieselfde beginsel toepas om ons kinders stadig maar seker te laat gaan. Ons kan vir hulle verantwoordelikhede gee wat by hulle ouderdom pas en hulle toelaat om die gevolge van hulle keuses te ervaar. In plaas daarvan om deur vrees gedryf te word, moet ons op God se plan en beskerming staatmaak.

Laat jou kinders in God se hande oor, want Hy is die Een wat hulle sal beskerm.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com