Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

WEES GENADIG
Watter ongelooflike woorde is dit nie! Al verstaan ons intellek dié konsep, is dit steeds moeilik om God se genade te aanvaar. Ons probeer so dikwels om net "goed genoeg" te wees, want ons weet nie hoe om ons waarde en prestasies van mekaar te skei nie.
Indien ons wil waardeer wat Christus vir ons aan die kruis gedoen het, moet ons eerlik wees oor ons sonde. Dis pynlik, maar sodra ons werklik die omvang van God se genade ervaar het, kan ons dit aan ons kinders oordra en hulle lewens verander. Om te weet dat hulle sondaars is wat genade nodig het, help jou kinders om die gevolge van hulle dade te aanvaar sonder om hulle selfbeeld te skaad.
Volg God se voorbeeld van genade deur onvoorwaardelike liefde vir die sondaar te gee wanneer jy straf uitdeel vir die sonde wat gepleeg is.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com