Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

DIE WAARHEID EN LEUENS
Dit is maklik om sondige gedagtes en optredes te verdedig as ons dit vir selfsugtige redes doen. In vergeleke met ons samelewing se standaarde, mag sulke klein kompromieë onbelangrik lyk. Christenouers sal herhaalde kere uitgedaag word om nie die waarheid vir die leuen te verruil nie. Dit sal beteken dat ons moet "nee" sê vir sekere flieks, speletjies en kleredrag wat deur ons samelewing aanvaar word.
Dis moeilik vir kinders om Goddelike standaarde te aanvaar, veral as hulle wil "in" wees by hulle portuurgroep. Ruim tyd in om na jou kinders se gedagtes te luister oor hoe hulle voel oor die druk wat op hulle geplaas word. Vra vrae oor wat in hulle wêreld aangaan en moenie hulle gevoelens in die wind slaan nie. Moenie 'n preek afsteek nie. Erken hulle teleurstelling as jy moet "nee" sê vir iets wat met God se standaarde bots. Dit sal makliker vir jou kinders wees om jou gesag te aanvaar as hulle voel dat hulle "gehoor" word.
Behou die standaarde van Goddelike gedrag deur vriendelik te wees en liefde te betoon.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com