Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 240 VAN 280

GEESTELIKE SPIERE

Deelname aan sport kan vir 'n mens waardevolle lesse leer. Party daarvan is: om te wag vir bevrediging, selfbeheersing, selfdissipline, om maar net 'n paar te noem. Stel jou voor dat ouers net so entoesiasties kon wees om hulle kinders te leer om vroom te lewe as wat hulle is om te sorg dat hulle kinders op sportgebied uitblink. Hoe sou dit uitspeel?

Is die Woord van God net so opwindend vir jou as wanneer jou kind 'n doel aanteken of 'n drie druk? As jy nie baie lief is vir die Woord van God nie, sal dit vir jou baie moeilik wees om dit aan jou kinders oor te dra. Eer op die sportveld is vlietend, maar die voordele van 'n vroom lewe is ewig. Wys vir jou kinders waar jou passie lê deur vir hulle stories te vertel van God se getrouheid; lei jou gesin in gebed en gebruik kreatiewe maniere om die Bybel te leer ken. Die belangrikste is dat jy 'n voorbeeld van 'n vroom lewe aan hulle stel.

Ruim tyd in vir jou gesin om gereeld geestelik te oefen.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com