Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 227 VAN 280

'N WYSE EN LIEFDEVOLLE OUER

God gebruik die metafoor van 'n arend om 'n beeld van Homself as 'n wyse en liefdevolle ouer te skep. Dit is interessant dat die arend sy kuikens aanmoedig om die nes te verlaat deur hulle te dwing om te leer vlieg. So leer hulle om onafhanklik te wees. Net so kom daar 'n tyd vir ons kinders wanneer hulle op hulle eie bene moet staan. Wanneer 'n liefdevolle ouer dit weet, sal hy sy kinders aanmoedig om probleme self op te los wat by hulle ouderdom pas en hulle ook die gevolge van hulle keuses laat ervaar.

Wanneer 'n kind deur 'n spesifieke probleem oorweldig word, behoort die ouers hom vir 'n rukkie by te staan. Ons moenie in die versoeking kom om hulle gedurig met elke probleem te help nie. Ons moet net genoeg hulp aanbied om hulle weer aan die gang te kry. Die grootste geskenk wat jy vir jou kind kan gee is om hom toe te laat om dinge self te doen.

Dwing hulle liefdevol deur toe te laat om probleme op hul eie in die gesig te staar en op te los.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com