Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

LEWENDE WATER OF STUKKENDE TENKE?
As gevolg van toestande in die woestyn, het water 'n enorme impak op Israel gehad. Die kwaliteit van die water het afgehang van die oorsprong. Die suiwerste water het uit lopende fonteine gekom. Die vuilste water was afkomstig van opgaartenke wat reënwater opgevang het. Hulle was uit rots gekap en het gewoonlik modder en vuilgoed bevat. As die mure van die tenke gekraak het, het die mense dit toegepleister om te verhoed dat die water uitlek, maar 'n gekraakte tenk was feitlik nutteloos.
Die ooreenkoms wat Jeremia getref het, was perfek vir daardie tye. Niemand sou kies om water uit 'n gebreekte tenk te vat as hulle lopende fonteinwater kon kry nie! Tog kies ons almal kortstondige plesier wat ons in die goedkeuring van mense, geld, mag, skoonheid en roem vind. Wanneer ons dit doen, vertrou ons op die gebroke beloftes van onbetroubare "watertenke".
Plaas jou vertroue in God en sy Woord, dan sal Hy jou met lewende water verkwik!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com