Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 229 VAN 280

DEURSETTINGSVERMOË

God het vir Abram belowe dat Hy hom sou seën. Hy het egter ook belowe dat hy lyding en wagperiodes sou ervaar. Dit blyk dat Hy geweet het dat die Israeliete se geloof sou groei as gevolg van die heiligmakende krag wat hulle slawerny in Egipte meegebring het. God het geweet dat sy mense sou sterk bly te midde van lyding, en dat hulle geloof as gevolg daarvan sou vermeerder.

Ons weerhou ons kinders van belangrike lewenslesse as ons hulle uit die gevolge van hul verkeerde keuses red en hulle oorlaai met materiële dinge. Hou in gedagte dat God se seëninge nie net besittings insluit nie, maar ook lyding en wagperiodes. As ons eers dié begrip verstaan, sal ons meer geneig wees om op te tree op 'n manier wat ons kinders ewig bevoordeel.

Stap saam met jou kinders wanneer hulle deur die ervarings van seën en beproewing gaan.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com