Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

BID VIR ONS LEIERS
Moses het Josua goed opgelei om die leierskap van die Israeliete oor te neem, maar sukses was nie gewaarborg nie. Josua het trouens misluk toe hy opgetree het sonder om eers God se leiding te vra (Josua 9). Die leiers van die stamme het hom bemoedig deur vir hom te bid: "Mag die Here jou God met jou wees soos Hy met Moses was."
Die beste ding wat ons vir ons leiers kan doen is om vir hulle te bid. Dit sluit leiers op elke vlak van die samelewing en ons gesinne in. Geen gelowige kan God se werk suksesvol doen sonder gebed nie. Dit is een van die groot geheimenisse van die Christelike lewe. Corrie Ten Boom het gesê: "Is gebed jou stuurwiel of jou spaarwiel?"
Leer jou kinders om vir hulle leiers en vir jou te bid.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com