Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

SOLDATE VIR DIE HERE
Daar is 'n groot geestelike geveg in die bonatuurlike wêreld aan die gang. God het oorlog verklaar teen die Satan en sy leër en Hy het mense soos ek en jy gekies om sy soldate te wees. Hoe vreemd dit ook al mag klink, werk dit perfek vir God se plan. God gebruik dikwels die swakkeres om die sterkes te beskaam en sy ontsagwekkende krag te wys.
Hy het Josua se geskree en trompette, Gideon se fakkels en kleipotte en Dawid se slingervel gebruik om sy heerlikheid te openbaar. Hy het in der waarheid alreeds die oorlog teen die Satan gewen toe Christus aan 'n Romeinse kruis gesterf het. Die geveg is verby en God het gewen!
Wanneer jy agterkom dat jy 'n geestelike oorlog in jou lewe moet voer, moet jy onthou dat jy 'n soldaat is in die grootste weermag wat nog ooit bestaan het. Wanneer jy op die krag van die Generaal van jou weermag staatmaak, is jy sterker as wat jy ooit kan droom. Hy geniet dit om sy vyande en joune te oorwin deur van swak en eenvoudige mense gebruik te maak.
Geen vyand, hoe indrukwekkend ook al, kan een soldaat van God, wat op sy krag staatmaak, oorwin nie!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com