Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

KLIPPE VAN GELOOF
Toe Josua uiteindelik die Israeliete deur die Jordaanrivier na die beloofde land gelei het, is die water weggekeer sodat die mense die rivier op droë grond kon oorsteek. Die priesters wat die ark gedra het, het in die middel van die rivierbedding gestaan terwyl die mense die rivier oorgesteek het. Daar is toe twee hope klippe uit die rivierbedding bymekaar gemaak om die Here se verlossing te gedenk. Die eerste hoop klippe is in die middel van die Jordaanrivier geplaas voordat die ark na die oorkant gedra is en die water weer begin vloei het.
Die tweede hoop klippe is by Gilgal geplaas. Dit was die eerste plek waar die Israeliete kamp opgeslaan het in die beloofde land. Die eerste hoop klippe simboliseer die ou lewe wat begrawe is en die tweede, die begin van 'n nuwe lewe.
Wanneer die kinders vrae gevra het oor die klippe by Gilgal, kon die ouers hulle vertel van God se oorwinning en ook van 'n soortgelyke hoop klippe in die middel van die Jordaanrivier. Niemand kon daardie klippe sien nie; hulle moes net glo dat dit wel daar was.
Watter verhale van geloof kan jy aan jou kinders oordra?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com