Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 225 VAN 280

RIG JOU GEDAGTES OP GOD

Wanneer ons as ouers baie uitdagings in die gesig staar, word ons oorweldig deur vrees en twyfel. In sulke tye het ons 'n keuse om te bly vrees of om op God se beloftes te konsentreer. Die Satan gebruik kommer en vrees om ons vrede te steel. Ons is gehoorsaam as ons die Satan se leuens verwerp en op God se liefde en oppermag konsentreer. Ons weet nie watter planne God vir ons en ons kinders se lewens het nie. Ons beperkte denke vind dit moeilik om sy ewige doel vir ons lewens te verstaan. Ons vind egter vrede as ons weet dat God liefdevol en wys is, en in beheer is. Vandag se teksvers sê dat ons op God se eienskappe moet konsentreer.

Kies om jou gedagtes op God se goedheid in plaas van jou vrese te rig.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com