Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

KIES MY!
Jesaja was bereid en entoesiasties daaroor om deur God gebruik te word. Hy moes die Israeliete waarsku oor God se naderende oordeel as hulle sou voortgaan om ongehoorsaam te wees. Voor hy begin het, het God vir hom gesê dat die mense nie na sy boodskap sou luister nie en uiteindelik Goddelike oordeel oes. Dit is nogal 'n moeilike taak! God het Jesaja egter gerusgestel deur te sê dat daar wel 'n paar mense sou wees wat sou luister en dat God hulle sou red omdat hulle getroue volgelinge van Hom was. Al was sy boodskap nie gewild nie, het Jesaja getrou gebly deur God se karakter uit te beeld en sade van waarheid en hoop te plant.
God het ouers geroep om hulle kinders te dissiplineer. Dit is soms baie moeilik en word nie altyd geredelik aanvaar nie! Jy kan jouself dalk met Jesaja vereenselwig wanneer jou wysheid en insig op dowe ore val. Net soos Jesaja, moet ons aanhou om die sade van God se waarheid te plant en op Hom vertrou om die oes op die regte tyd te lewer.
Wees getrou en plant sade van God se waarheid en hoop.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com