Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

MOENIE IETS MINDERWAARDIGS AANVAAR NIE
Toe Moses die beloofde land tussen die twaalf stamme van Israel verdeel het, was die Rubeniete en Gadiete nie tevrede met hulle erfenis nie en het hulle vir Moses gevra of hulle eerder die gebied oos van die Jordaanrivier kon kry. Hy was nie juis gretig om aan hulle versoek te voldoen nie, maar hy het dit toegelaat mits hulle die ander stamme sou help om die land in te neem.
Nadat hulle die ooreenkoms nagekom het om saam met hulle broeders te veg, het hulle nie saam met die ander Israelitiese stamme gaan woon nie, maar teruggegaan na hulle land, wat buite die grense van die beloofde land was. Hulle was in der waarheid so ver van Israel se plek van aanbidding, dat hulle hul eie altaar moes bou om hulle kinders daaraan te herinner dat hulle Israeliete was!
As Christene leef ons dalk "in die beloofde land" wat sommige van die terreine in ons lewens betref, maar verkies om "buite die beloofde land" te lewe wat ander dinge betref. Watter terreine in jou lewe wil jy nie graag aan God oorgee nie? Klou jy vas aan dade, gewoontes en gesindhede wat buite die grense van 'n Goddelike lewe val en maak jy dit daarom moeilik vir ander om te sien dat jy 'n Christen is?
Watter terreine in jou lewe wil jy nie eintlik aan God oorgee nie?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com