Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

ONS WORD BEVEEL OM LIEF TE HÊ
Ons dink dikwels dat liefde 'n onbewustelike daad is. Mense praat van "Ek het lief geraak vir ..." of "Ek is nie meer lief vir ... nie" asof daar geen ander manier was hoe ons kon reageer nie. Ek dink nie God sien dit só nie, want in vandag se teksvers beveel Hy ons om lief te hê.
God sien liefwees as 'n doelbewuste daad. Hy sê dat ons ander moet liefhê, ook ons vyande, ongeag ons gevoelens. Hoe is dit moontlik? Ons moet ander behandel soos wat God ons behandel: met hartlikheid en vergifnis (Efesiërs 4:32). God se liefde is nie 'n gevoel of emosie nie, dit is 'n aksie. God se liefde het iets gedoen toe Hy sy enigste Seun vir ons gegee het (Johannes 3:16). Ons moet sy liefde naboots.
1 Korintiërs 13:4-7 sê vir ons hoe om dit te doen: "Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles."
Wys God se liefde vir die wêreld deur ander te behandel soos wat Hy jou behandel.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com