Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

STEL 'N VOORBEELD VAN VROOMHEID
Studies bewys dat kinders meer leer deur te kyk wat grootmense doen as om te luister na wat hulle sê. Dit behoort ons nie te verbaas dat dit 'n Bybelse begrip is nie. Jakobus sê: "Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself (Jakobus 1:22).
Ongeveer 2 000 jaar gelede het Paulus vir Titus beklemtoon hoe belangrik dit is om 'n goeie Christelike voorbeeld te stel. Paulus het geweet dat ons teenstanders die geleentheid kry om ons getuienis in 'n slegte lig te stel as ons nie volgens Goddelike beginsels lewe nie.
Hierdie beginsel geld ook vir ons kinders. Byvoorbeeld: as 'n pa wil hê dat sy kinders respek moet toon vir hulle ma, moet hy haar ook respekteer. As ons ons kinders wil leer dat dit belangrik is om by die spoedgrens te hou, moet ons binne die spoedgrens bly wanneer ons bestuur. Ons dade wys vir ander wat ons regtig glo. Ons kinders kyk om te sien of ons optree soos wat ons vir hulle voorskryf om te doen.
Wees vir jou kinders 'n voorbeeld van 'n gehoorsame volgeling van Christus.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com