Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 211 VAN 280

POSITIEWE DENKE

Die Israeliete het God liefgehad en op Hom vertrou toe Hy hulle van slawerny in Egipte bevry het. Hulle het groot wonderwerke aanskou! Dit was egter nie lank voor hulle begin mor en kla het oor die trek deur die woestyn na die beloofde land toe nie. In plaas daarvan om op sy getrouheid in die verlede te fokus, het hulle Hom begin betwyfel in hierdie moeilike omstandighede. Uiteindelik het hierdie gebrek aan vertroue gemaak dat hulle geslag nie die voorreg gehad het om in die beloofde land in te gaan nie.

Vertrou jy regtig op die Here? Vir die meeste van ons is dit makliker om te vertrou as dinge goed gaan, maar ons geloof in God word juis getoets as dit moeilik gaan. In sulke tye is dit belangrik om te onthou dat God jou al deur ander moeilikhede staande gehou het. Daardie verhale van geloof sal jou en jou gesin help om 'n positiewe gesindheid teenoor God te handhaaf en met verwagting te leef dat Hy julle sal help.

Negatiewe gesindhede lei jou na die "woestyn".

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com