Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 197 VAN 280

JY MOET 'N LIG VIR ANDER WEES

In hierdie verse konfronteer Paulus die gelowiges in Filippi, omdat hulle klagtes en argumente hulle getuienis oor Christus benadeel het. In plaas daarvan om "ligdraers in die wêreld" te wees, het hulle soos ongelowiges opgetree.

Ons het dalk 'n diep geloof in Christus, maar ons ware geloof wys in ons woorde en houding. Dink 'n bietjie na oor jou gesprekke met ander. Watter karaktertrekke sien jou kinders in jou? Is jy geneig om te skinder, met ander te argumenteer, of te kla?

As dit waar is, behoort jy uit te vind hoekom jy met alles foutvind. Christene het 'n ewige hoop in Christus. Hy help ons om die uitdagings in ons lewe met kalmte en vrede te oorkom. As jou geluk van goeie omstandighede of ander se optrede afhang, vra God om jou geloof in Hom te versterk.

Jou woorde en dade behoort Christus se liefde in jou lewe te reflekteer en 'n lig vir ander te wees.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com