Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 199 VAN 280

GEESTELIKE OORLOGVOERING

Na hul uittog uit Egipte is die Israeliete in die wildernis deur Amalekiete aangeval, maar Josua en die Joodse weermag het hulle oorwin. Let daarop dat die Amalekiete nie die Israeliete aangeval het terwyl hulle slawe in Egipte was nie, maar eers nadat hulle vrygelaat was. Dit behoort ons te herinner dat die vyand dit nie nodig ag om ons aan te val as ons in sonde lewe nie. Ons is sy teiken as ons die Here volg.

"Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind" (1 Petrus 5:8). As ons gesinne nie aangeval word nie, mag dit 'n teken wees dat ons die Here nie volkome volg nie. Ons hoef nie moeilikheid te gaan soek nie; dit kom vanself as jy op God se plan vir jou lewe konsentreer. Ons hoef nie bang te wees nie, want God is sterk en Hy het oorlog verklaar teenoor almal wat ons teenstaan.

'n Gebrek aan geestelike oorlogvoering kan dalk 'n teken wees dat jou gesin nie op die Here gefokus is nie.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com