Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

SIMBOLE OF 'N HARTSVERANDERING?
Die Israeliete moes die woorde van die Here op hul hande en voorkoppe dra. Baie het dit letterlik opgeneem en kubusvormige houers van leer gemaak met Skrifgedeeltes daarin, wat hulle op hul koppe en arms kon dra. Die probleem was egter dat die Woord nie in hulle harte gevestig was nie.
Ons is geneig om dieselfde te doen. Warren Wiersbe sê: "Ons dra kruise, maar ons maak nie die kruis deel van ons lewe nie." Ons hang Skrifgedeeltes teen ons mure op, maar maak op ons eie wysheid staat as ons probleme ondervind. Dit is belangrik dat ons die Woord van God vir ons kinders leer. Die beste manier is om 'n voorbeeld te stel van 'n lewe wat aan die Woord van God gewy is.
Is jou geloofslewe 'n goeie voorbeeld vir jou kinders?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com