Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 200 VAN 280

ERGE NAGEVOLGE

Die Joodse wet het voorgestel dat die straf by die oortreding moes pas, maar dat dit nie te erg moes wees nie. 'n Straf wat te lig was sou die oortreding ligtelik opneem, maar 'n straf wat te erg was sou die persoon van minder waarde ag en verneder. Strawwe moes regverdig wees.

In Suid-Afrika is dit ook 'n oorweging as straf uitgedeel moet word. Behoort die dissipline van ons kinders dan nie ook doeltreffend te wees nie? Soms oordoen ons dit. Dalk het ons 'n slegte dag gehad of dalk het ons ons die oortreding te veel aangetrek.

Wanneer ons egter ons kinders te erg straf, oortree ons hierdie beginsel. Die beste optrede sou wees om om verskoning te vra. Dit is wat 'n persoon met integriteit doen wanneer hy iemand te na gekom het. Dit beteken nie dat daar nie straf uitgedeel moet word nie. Dit beteken net dat ons moet erken dat ons ook oortree het en nie bo die reëls verhewe is nie.

Ons dissipline moet regverdig wees.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com