Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

LEWE DEUR GELOOF EN NIE DEUR SIG NIE
Moses het dit baie duidelik gemaak dat die Israeliete verplig was om getrou te bly aan die Woord van God en hy het hulle beveel om hierdie kennis aan hul kinders oor te dra. Hulle kon God nie sien nie, daarom het God deur sy Woord met hulle gepraat. In teenstelling hiermee het die nasies rondom die Israeliete mensgemaakte afgode aanbid wat hulle kon sien, maar wat nie kon praat nie, omdat hulle leweloos was.
Moses het die mense gewaarsku om nie afvallig te word van die Woord van die lewende God en dooie afgode te aanbid nie. Hy het geweet dat hulle geneig was om iets te aanbid wat hulle kon sien, in plaas daarvan om geloof te beoefen. Ons weet dat die Israeliete ander gode aanbid het en dat God die Assiriese en Babiloniese weermagte gebruik het om hulle te dissiplineer.
Net soos die Israeliete word ons ook elke dag voor 'n keuse gestel. Gaan ons deur geloof lewe in die dinge wat ons nie kan sien nie of gaan ons die lewelose afgode van aardse sukses najaag?
Wanneer ons materiële dinge aanbid, leef ons deur sig en nie deur geloof nie.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com